3 LÊER VERW NAVRAEENQUIRIES FILE REF 1531014ERF1785 MNR AJ

3 LÊER VERW NAVRAEENQUIRIES FILE REF 1531014ERF1785 MNR AJ






Lêer verw/

3











Lêer verw/ Navrae/Enquiries:

File ref: 15/3/10-14/ERF_1785

Mnr AJ Burger


29 November 2018


CK Rumboll & Vennote

Posbus 211

MALMESBURY

7299


Per Geregistreerde Pos


Meneer/ Dame


VOORGESTELDE VERGUNNINGSGEBRUIK OP ERF 1785, RIEBEEK WES


U aansoek met verwysingsnommer RW/10675/ZN/RB gedateer 29 Augustus 2018 namens W Walters, , rakende die onderwerp het betrekking.


Uit hoofde van die bevoegdheid wat ingevolge Raadsbesluit 7.25 gedateer 13 Mei 2015 aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste gedelegeer is, soos bepaal deur paragraaf 79(1) van Swartland Munisipaliteit se Verordening insake Grondgebruiksbeplanning (PG 7741 van 3 Maart 2017), word die aansoek vir ‘n vergunningsgebruik op erf 1785, Riebeek Wes ingevolge artikel 70 van die bogenoemde Verordening, goedgekeur onderhewig aan die volgende voorwaardes dat:


1. STADSBEPLANNING/BOUBEHEER


  1. Die vergunningsgebruik magtig ‘n dubbelwoonhuis soos voorgehou in hierdie aansoek;

  2. Die eienaar / ontwikkelaar die nodige bouplanne aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging en goedkeuring voorlê;

  3. Die dubbelwoonhuis aan die parameters van die bestaande sonering voldoen;

  4. Hierdie goedkeuring is, ingevolge Artikel 76(2)(w) van die Verordening, geldig vir ‘n tydperk van 5 jaar. Alle voorwaardes vir goedkeuring moet binne die 5-jaar tydperk nagekom word en indien nie, sal die goedkeuring verval;


2. WATER


  1. Die bestaande wateraansluiting gebruik word en dat geen addisionele wateraansluitings voorsien sal word nie;


3. RIOOL


  1. Die eiendom voorsien word van ‘n enkele rioolaansluiting en dat geen addisionele aansluitings voorsien sal word nie;


4. vULLISVERWYDERING


  1. Die basiese vullisverwyderingstarief vir elke wooneenheid op die perseel gehef word;

  2. Die vullis in vullissakke op die naaste munisipale sypaadjie op oggend van verwydering geplaas word;



5. KAPITAALBYDRAE


    1. Die kapitaalbydrae t.o.v die grootmaat voorsiening van water ten bedrae van R 6 534,30 aan hierdie munisipaliteit op bouplanstadium gemaak word. Hierdie bedrag is betaalbaar teen posnommer 9/249-176-9210 en is geldig vir die finansiële jaar van 2018/2019 en kan hierna hersien word;

    2. n Vaste koste kapitaalbydrae t.o.v die grootmaat verspreiding van water ten bedrae van R 9 504,75 aan hierdie munisipaliteit op bouplanstadium gemaak word. Hierdie bedrag is betaalbaar teen posnommer 9/249-174-9210 en is geldig vir die finansiële jaar van 2018/2019 en kan hierna hersien word;

    3. 'n Vaste koste kapitaalbydrae t.o.v. riool ten bedrae van R 6 264,05 aan hierdie munisipaliteit op bouplanstadium gemaak word. Hierdie bedrag is betaalbaar teen posnommer 9/240-184-9210 en is geldig vir die finansiële jaar van 2018/2019 en kan hierna hersien word;

    4. 'n Vaste koste kapitaalbydrae t.o.v. afvalwatersuiweringwerke ten bedrae van R 6 727,50 aan hierdie munisipaliteit op bouplanstadium gemaak word. Hierdie bedrag is betaalbaar teen posnommer 9/240-184-9210 en is geldig vir die finansiële jaar van 2018/2019 en kan hierna hersien word;

    5. n Vaste koste kapitaalbydrae t.o.v strate ten bedrae van R 6 034,05 aan hierdie munisipaliteit op bouplanstadium gemaak word. Hierdie bedrag is betaalbaar teen posnommer 9/247-144-9210 en is geldig vir die finansiële jaar van 2018/2019 en kan hierna hersien word;

    6. n Vaste koste kapitaalbydrae t.o.v stormwater ten bedrae van R 3 225,75 aan hierdie munisipaliteit op bouplanstadium gemaak word. Hierdie bedrag is betaalbaar teen posnommer 9/247-144-9210 en is geldig vir die finansiële jaar van 2018/2019 en kan hierna hersien word;

    7. Die Raadsbesluit gedateer Mei 2018 maak voorsiening vir ‘n 40% korting op die kapitaalbydraes. Hierdie korting is slegs van toepassing op voorwaardes 5(b) tot 5(f). Hierdie korting is geldig vir die finansiële jaar van 2018/2019 en kan hierna hersien word.


Die uwe





MUNISIPALE BESTUURDER

per Departement Ontwikkelingsdienste


AJB/ds


Afskrif : Boubeheerbeampte


Direkteur : Siviele Ingenieursdienste


Direkteur : Finansiëledienste


Wendy Walters, 37 Klein Groendal, Simonsig Singel, De Bron, Kenridge, 7550



















Redes vir die goedkeuring


  1. Die voorgestelde aansoek word deur die Swartland Ruimtelike Ontwikkelings Raamwerk deurdat dit sal lei tot verdigting.

  2. Fisies is daar geen beperkings op die perseel wat die voorgestelde aansoek negatief sal beïnvloed nie.

  3. Daar is geen beperkings op die titelakte geregistreer wat die voorgestelde aansoek negatief sal beïnvloed nie.

  4. Die omliggende grondeienaars het geen beswaar teen voorgestelde aansoek nie.

  5. Die voorstel voldoen aan die bepalings van die betrokke soneringskemaregulasies.






Tags: 1531014erf1785, navraeenquiries