TOE ONS GEKIES WORD OM WESTELIKE PROVINSIE AKSIENETBAL TE

TOE ONS GEKIES WORD OM WESTELIKE PROVINSIE AKSIENETBAL TE






Toe ons gekies word om Westelike Provinsie Aksienetbal te verteenwoordig by die Interprovinsiale Toernooi in Meyersdal, min het ons geweet dit is maar net die begin van veel groter geleenthede

Toe ons gekies word om Westelike Provinsie Aksienetbal te verteenwoordig by die Interprovinsiale Toernooi in Meyersdal, het ons min geweet dit is maar net die begin van veel groter geleenthede.

Net voor die eindstryd het die “rumours” begin vlieg dat van die spanne genooi gaan word om in Australia aan hulle Junior Ontwikkelings Toernooi deel te neem. Dit het geblyk dat die 0/14’s een van die uitverkorene spanne sou wees. Wie wil nou beter motivering hê om ‘n finaal te wen! Ons het nie net die goud gewen nie, maar ‘n droom het waar geword. Ons moes onsself ‘n paar keer knyp net om seker te maak ons droom nie en dat ons ‘n geleentheid gaan kry wat vir baie mense net eenmaal in ‘n leeftyd beskore is.

Met ons eerste vergadering het dit ons minder as 2 minute geneem om die besluit te neem: ONS GAAN Australië toe. Hoe moeilik kan dit vir ‘n span wat so gemotiveer was en met soveel ‘ passie gespeel het, om geld in te samel vir ‘n geleentheid wat enige speler net van kan droom.

Claudia, ons afrigter het onmiddellik aan die werk gespring en vir ons ‘n oefenprogram uitgewerk, asook vir ons ingeskryf in ‘n liga by Brackenfell Arena as die “Down Under” span. Dit gee ook vir ons kans om as span saam te werk en lekker spangees te bou.

(Individuals play the game, but teams beat the odds)


Saam met al die oefening het die GROOT fondsinsameling veldtog begin. Soos een man het ouers, kinders en afrigter ingespring en begin werk.

Ons eerste poging was ‘n netbaldag gehou by Brackenfell Arena, wat Robin en Carina Baguley vir ons geborg het. Ons het almal hard bemark en kon ‘n klomp spanne vir dag inskryf. Die dag was nie net om geld in te samel nie, maar om ook Aksienetbal bekend te stel en ‘n momentum vir aksienetbal in die Wes-Kaap op te bou.

Ons het ook ‘n lekker dans gehou waar ons wyn opgeveil het. Dan was daar ook die loterykaartjies wat baie goed gedoen het, ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat daar self persone van hoofkantoor was wat ‘n kaartjie of twee gekoop het om ons te ondersteun. Ook maar goed nie een van julle het gewen nie, want hoe sou ons die skaap in Johannesburg kry?

Dan was daar ook ‘n paar groot borge wat dit vir die hele span moontlik gemaak het om hierdie toer mee kan maak. Ons sê baie dankie aan hulle en het dit reeds persoonlik gedoen. Dit was meestal individue wat geborg het en hul bydrae was enorm.


Die span wat die toer gaan meemaak is as volg: Bianca Jones (Kaptein,

Nikki Baguley O/K), Nicole Marais, Kaylin Ball, Nelmari Harmzen, Melandi Pretorius,

Justine De Wee, Dirkje Stoffberg, en Marnay Bothma. Ons afrigter is Claudia Smith.

Ons is baie opgewonde, en tel die dae so tussen die eksamen deur.


Ons kan nie wag om vir julle al die foto’s en nuus te vertel wanneer ons terug kom nie. Ons belowe om ‘n dagboek te hou.


Cheers!!!!!


0/14 Aksienetbalspan











Tags: aksienetbal te, vir aksienetbal, gekies, westelike, provinsie, aksienetbal